OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )
Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot,
vir wie die boodskap vanuit jou hart,
terwyl lang vingers snare saggies stoot ?
Jou speelse posisie van kitaar in skoot,
na wie verlang jy, as jou note klink soos
‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ?
Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel.
Ek sien jou trane deur lang hare ween,
waar jy op ‘n sofa sit, voete - kruisbeen.
Ek wil so graag klim, in jou komposisie,
saam jou hartseer deurmaak, verstaan,
jou uithaal, uit jou ongemaklike posisie.
Ek voel hoe jou vingerpunte, die snare pluk,
‘n hartverskeurende gehuilsnik, onderdruk.
Geplaatst in de categorie: liefde